Geskiedenis: die orrelis

Terug na HOME PAGE


In 1940 is die orreltjie geëlektrifiseer en na die nuwe kerk verskuif. Die ou draad-aksie is egter behou sodat die aanslag steeds baie swaar was. Mej. Collard het daarna nog tot Mei 1945 die gemeente op pragtige spel en mooi koorsang getrakteer.

Vir die daaropvolgende jaar het mejj. Lorna Bothma en Lena Anema, asook mevv. Van der Merwe en Van Rensburg, tydelik die orrel gespeel, totdat mev. Remerta (AR) van der Westhuizen die betrekking aan die einde van April 1947 kon aanvaar. Weens siekte kon sy nie vroeër begin nie.

Dat die kerkraad baie gelukkig was om mev. Van der Westhuizen se dienste te bekom, het duidelik die volgende maand met die viering van die 75-jarige bestaan van die gemeenste geblyk.

Met die gemeente se eeufeesvieringe in 1972, het sy vir meer as 25 jaar lank getoon dat sy nie alleen een van die knapste orrelistes in die land is nie, maar dat sy ook die gawe besit om kore af te rig soos min haar dit kan nadoen. Geen wonder dus dat haar kerkkoor waar dit ook al optree, altyd in die oog val. Op die talle kunswedstryde waaraan die koor in die verlede meegeding het, het dit, sonder uitsondering, altyd met die louere weggeloop.

Gedurende die tyd het sy o.a. die kantate "Van Krip na Kruis, Rut, 'n jubelende Danksegging en Vors van Glorie," met groot sukses opgevoer.

Mev. Remerta van der Westhuizen en Anmari
van der Westhuizen
In Maart 1956 is die herboude en vergrote orrel waarvan die koste 3000 pond (R6000) beloop het, ingewy. Die 457 pype van die ou orrel is tot 'n totaal van 1 209 pype aangevul. By dié geleentheid het die orreliste, mev. Van der Westhuizen, met haar koor vir 'n pragtige kantate-uitvoering en musiekprogram gesorg.

Baie van die ou staatmakers wat by daardie geleentheid, asook by die aanbieding van die kantate, "Die Vors van Glorie" in November 1957 in die vergrote kerkkoor opgetree het, lewe nie meer om in die kerk se eeufeeskoor te sing nie.

Veral word daar gedink aan mejj. S van Heerden (Diskobolos), Kitty van Niekerk, mevv. Elize Kruger, Lettie Venter, A Nothnagel, LA Powell, asook oom Pieter Oberholzer wat nie meer in 1972 met ons is nie.

Andere soos Danie en Lorna Brink, Hannie Albertyn, J Wagner, F Booysen, F Rousseau, T Muller, Mattie Jacobs, Minnie Greeff. Hennie Venter, T van der Nest, H Labuschagne, F Scheepers en G Pretorius het sederdien van Kimberley weggetrek of is nie meer in die gemeente woonagtig nie.

Onder die 1972-koorlede is daar 'n hele aantal wat na baie jare van gereelde en getroue diens nog steeds hul dienste tot beskikking en ter verheerliking van die Koning van die Kerk stel.
[Uit: Die eeufeesalbum 1872 - 1972]

Mev. AR van der Westhuizen was vir baie jare nog die orrelis van Dutoitspan tot hulle uit Kimberley getrek het na 'n aftree-oord in die Strand. Daar het sy 'n koor op die been gebring en die eredienste begelei tot diep in haar negentigs.

Dis nie net musiek wat haar na aan die hart gelê het nie, sy was ook bekend vir haar gebak. Die koeke wat sy vir die basaar gebak het, was al lankal bestel en betaal, nog voordat hulle die tafels bereik het.

Sy het al die jare by Diamantveld Laerskool musiek gegee en baie van die kinders wat musiek geneem het, het die skool gekies omdat mev. Van der Westhuizen die musiekjuffrou was. Natuurlik het sy ook die skoolkoor afgerig en hulle het met die een prys na die ander op musiekkompetisies weggestap.

Sy het haar musiekleerlinge sommer vroeg al vir die Unisa-musiekeksamens ingeskryf. Elkeen het 'n spesifieke doel gehad wat hy of sy moes nastreef. So twee of drie weke voor die eksamen begin, het al haar leerlinge die betrokke Saterdag by haar huis opgedaag om hulle eksamenstukke voor mekaar te speel en op hierdie manier aan 'n gehoor gewoond te raak. Dit het so teen 9:00 begin en elke leerder het 'n nommer getrek om te bepaal wie speel wanneer. So halfpad deur die program het sy die kinders op koek en koeldrank trakteer en daarna het hulle voortgegaan tot so teen vieruur. Hierdie ontspanne maar uiters noodsaaklike oefening het gesorg dat haar leerlinge ook uitsonderlik goed presteer.
Ek weet, Alda was ook een van haar leerlinge wat van graad 4 af by haar musiek geneem het.

Elke leerling het in sy of haar graad 7-jaar 'n stuk vir die skool se prysuitdeling gespeel. Alda Pienaar en Elsa Marais het in hulle graad 7-jaar 'n duet gespeel, Barbara Markgraaff het 'n solostuk gespeel en Greta van der Merwe het altyd 'n sangitem gelewer.

Mev. AR van der Westhuizen het ook hulle musiekkennis uitgebrei. Sy het 'n hele klomp boeke gehad oor die komponiste en hulle lewe. Hierdie boeke het sy op 'n weeklikse uitruilbasis vir haar leerlinge geleen en hulle moes dit gaan lees en dit met haar kom bespreek. Haar musiekleerders het sommer ook musiekgeskiedenis so saam met hulle musiekles gekry...

Altwee my kinders was in Diamantveld Laerskool en omdat ons en mev. AR van der Westhuizen nie ver van mekaar gebly het nie, het sy elke dag saam met ons skool toe en terug gery.Terugskouend, dink ek nie dat hierdie talentvolle mens genoeg na waarde geag is nie.      

Mev. Van der Westhuizen se musiekgene loop ver in haar nageslag in. Haar seun, Pieter, was deel van die komitee wat verantwoordelik was vir die vernuwing van die 1978-Psalm- en Gesangboek. Op daardie stadium was hy verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch. 

Die vier lede van die Odeion-
strykkwartet, met prof.
Anmari van der Westhuizen 

tweede van links. Foto: Internet 
Pieter se dogter is die wêreldberoemde Anmari van der Westhuizen. 

Sy het ná haar studie aan die Universiteit van Stellenboch haar verder in Duitsland bekwaam, onder meer aan die Hochschule für Musik in Keulen onder leiding van Maria Kliegel. 

Anmari is tans lid van Bloemfontein se Odeion-strykkwartet en is medeprofessor in tjello aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy is ook mededirigent van die Vrystaatse Jeugorkes.

Mev. Van der Westhuizen se kleindogter -'n briljante mens...

Name: Anmari van der Westhuizen Joubert
Position: Cellist and head of the Odeion String quartet
Departement: Odeion String Quartet / Music
Address: Musiek IB36
Email: avdwest@ufs.ac.za
Tel: +27(0)51 401 3350
Office 46A 206

ANMARI VAN DER WESTHUIZEN was appointed adjunct professor in cello at the UFS and cellist of the Odeion String Quartet in 2008 and as head of the Odeion String Quartet Department since January 2013.

She graduated from the University of Stellenbosch (BMus cum laude; BMus (Hons) cum laude); full academic and cultural honorary colours), from the Mozarteum, Salzburg (Grosses Diplom cum laude), and from Hochschule für Musik, Cologne, under tutelage of Prof. Maria Kliegel (Konzertexamendiplom).

She holds Performers and Teaching Licentiates from UNISA (cum laude). In 2013 Anmari received her PhD in Music Performance from the University of Pretoria and was awarded full academic honorary colours for her thesis“Siolo Violoncello music: a selective investigation into works composed between 1980 and 2010 and the compilation of a catalogue”.Anmari is the winner of the ATKV Forte Competition, the SABC Competition, the Oude Meester Competition and the University of Natal 75th Anniversary Prize. She was an invitee with current concert master of the London Philharmonic Orchestra, Pieter Schoeman, to the International Youth Music Festival held at Interlochen, U.S.A.

She received extensive chamber music training with specific emphasis on string quartet playing by members of the world's best string quartets, namely the Alban Berg String Quartet, the Amadeus String Quartet, the Borodin String Quartet, the Brodsky String Quartet and the Hagen String Quartet, and studied under Hatto Beyerle, Györgi Kurtág, and Professor Nikolaus Harnoncourt (Historic Performance Practice).

During her stay in Europe she appeared in solo and chamber music performances, inter alia with the Viennese ensembles, Music-on-Line and the Wiener Streichorchester, and she was a permanent member of the Koehne String Quartet, Wien. She performed as chamber musician in Australia, Austria, Belgium, Faroe Islands, Germany, Hungary, Italy, Japan, Poland, South Africa, Spain, Switzerland, Turkey, United Kingdom, U.S.A., Zambia and Zimbabwe. Anmari made several CD recordings and her solo CD has two works with a first recording (Roelof Temmingh and Egon Wellesz) which was well received by the Austrian Magazine for New Music. Anmari performed several first performances (world premieres) of cello works: In 2007 the Austrian Composers Union under chairmanship of Professor Ager (previous Director of the Mozarteum) invited her to give a solo recital of contemporary solo cello works in Vienna, Austria, which included a first performance of Roelof Temmingh's “Variations”, which Temmingh dedicated to her.

She also gave the first performances of solo cello works by the Austrian composers, Wolfgang Nenning and Hannes Heher, and of works dedicated to her by Hubert Du Plessis and Hendrik Hofmeyr. Anmari has more than thirty years of experience as principal cellist of orchestras and string ensembles. She was the conductor/ director of the UCT String Ensemble for ten years and is currently conductor of the Odeion Sinfonia and co-conductor of the FSYO. She is a founding member of the UCT Trio, the Collage Ensemble and I Grandi Violoncellisti.

[http://www.ufs.ac.za/humanities/departments-and-divisions/odeion-string-quartet-home/quartet-members/anmari-van-der-westhuizen-joubert]
Mev. Van der Westhuizen se seun...

VAN DER WESTHUIZEN, HERCULES PIETER (PIETER) (1931–) is ’n gebore Vrystater. Hy het reeds op vyfjarige ouderdom onder leiding van sy ma begin om klavier te speel, op Wepe­ner en Bloem­fontein skoolgegaan en aan die Universiteit van Stellenbosch (US) in die musiek studeer (veral orrel en klavier).

Nadat hy ’n paar jaar lank skoolgehou het, was hy van 1965 af dosent aan die US. Hy presteer as koorleier met jeugkore, massakore en operakore. Hy het Bellville se Koorvereniging gestig wat saam met die Kaapstadse Stadsorkes opgetree het. 

Hy het die Stellenbosse Koor­ver­eniging gestig wat saam met die KRUIK-orkes onder meer oratoriums en Hubert du Plessis* se Slamse Beelde uitgevoer het. Die kerkkoor van die NG gemeente Stellen­bosch-Sentraal het onder sy leiding tot een van die artistiek-sterkste kore in Suid-Afrika ontwikkel. Pieter van der Westhuizen het wyd bekend geword vir die groot aantal koorwerke wat hy in Afrikaans* geskryf het, vir sy toonsetting van FAK-liedjies, en vir die buitengewone bydrae wat hy gelewer het in die totstandkoming van die 1978-Psalm- en Ge­sange­boek van die NG Kerk*.

[http://cke.christians.co.za/2016/04/07/van-der-westhuizen-hercu%C2%ADles-pieter-pieter/]
Professor Pieter H. van der Westhuizen ist ein südafrikanischer Komponist und Chorleiter.

Hercules Pieter van der Westhuizen, geboren am 18.01.1931, war von 1965 bis 1991 als Professor für Orgelspiel an der University of Stellenbosch und als Organist für die Kirchengemeinde der Stadt tätig. 

Er ist der Gründer einiger Chöre, darunter des Stellenbosch Studentekerkkoor und des Kerkkoor van die Stellenbosch-Sentraalgemeente, für die er sowie für den Chor Canticum Novum als Chorleiter fungierte. 

Pieter H. van der Westhuizen ist Komponist zahlreicher Musik- und Gesangsstücke, für die er wiederholt ausgezeichnet und geehrt wurde und die sich auf zahlreichen Schallplatten und CDs wiederfinden. Insbesondere in seiner Heimatstadt Stellenbosch genießt Oom Pieter hohes Ansehen und wurde im Jahr 2011, anläßlich seines achtzigsten Geburtstages, mit einer Konzertveranstaltung geehrt.

[http://www.namibiana.de/namibia-information/who-is-who/personen/infos-zur-person/h-pieter-van-der-westhuizen.html]

'n Familie wat diep en duidelike spore in die musiekwêreld gegee het en nog gee!


Na mev. R van der Westhuisen se vertrek, is orrelbegeleiding deur verskillende persone waargeneem,
onder andere:
Mev. R Brand vanaf Maart 1979 tot Novembr 1979.
Mnr. GA de Ronde vanaf  Desember 1979 tot Junie 1982 as gevolg van gesondheid was  hy verplig om te bedank. Tussen-in het verskeie persone opgetree.
Mnr.  D du Toit vanaf  Maart 1983 tot Maart 1984. Hy het ook gehelp Maart 1986 tot Februarie 1989.
Mnr. TL Holmgreen het vanaf Maart 1984 tot Februarie 1985.
Mev. B Cohen het gehelp vanaf 1985 tot Julie 1989
Mev. MP Coreejes  vanaf Maart 1990 tot Februarie 1996.
Mnr. T Blignault het in Maart 1996 begin tot 2020.
Mev. B le Roux is vanaf 2020 die orrelis.

 

Orreliste vanaf die eeufeesviering tot nou

1.

Mev. AR vd Westhuizen

April 1949-Feb 1979

2.

Mev. R Brand

1979

3.

Mev GA de Ronde

1979-1982

4.

Mnr. D du Toit

1983-1984

5.

Mnr. TL Holmgreen

1984-1985

6.

Mev. Cohen

1985-1986

7.

Mnr. D du Toit

1986-1989

8.

Mev. MP Coreejes

1990-1996

9.

Mnr. T Blignault

1996-2020

10.

Mev. B le Roux

2020 - tans